Prestasie
|
Akademie |
|
Akademie is die belangrikste funksie waarmee ‘n skool hom besig moet hou. Dit is die lynfunksie van elke skool en daarom bejeën ons dit met die erns wat dit verdien. Die leerders móét hulself motiveer om aan die voorpunt van die Akademiese vordering te bly. Elkeen gemeet teen sy of haar eie potensiaal! Elke ouer moet sy kinders ondersteun en aanmoedig. Kinders is elke ouer se heel grootste en belangrikste geskenk van die Hemelse Vader en ons as onderwysers en ouers moet dit dan ook so benader. Ons lewer jaar na jaar goeie prestasies en die bewyse kan gevind word in die prestasies wat ons leerders in die Hoërskole lewer. In graad 4 tot 12 word leerders getoets in bv. Wiskunde kompetisies soos Amesa en Nautilus. Hier het ons verskeie leerders gehad wat gereeld eerste, tweede en derde kom in die Vrystaat en in die Noord-Kaap kompetisies. ‘n Paar wat hier genoem kan word is Frankie Gill, Thinus van Rhijn, Josua Meyer, Jemima Meyer en vele meer. Hou gerus die Hoërskole dop vir die bogenoemde name. Hier volg ons Tweede Kwartaal Top Tien van elke graad. Die derde kwartaal is eersdaags ook bekend. |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |













