Get Adobe Flash player

 Button Tuisblad

 

Prestige Fietswedren!!

Kliek hier vir foto gallery en bestellings

 

Verjaarsdag!!

 Verjaars??

Ons het op 27Januarie 2012 heerlike Koekpartytjie hier by die skool gehou. Die kinders het dit geweldig geniet.

Geluk aan Primêre Skool Jim Fouché met jou verjaarsdag.

 

Mnr. Nel en die voorsitter van die Beheerliggaam,  Mnr Els by die verjaarsdagkoek.  Is dit nie mooi nie. Die koek is gebak deur mev. MacKay. Baie dankie. Dit was 'n heerlike dag.

 

Welkom....

Hierdie week gee ons vir die Graad 1 leerders 'n geskenkfoto van hul eerste dag hier by die skool.

Ons hoop julle hou daarvan. 

Hieronder is Jenna van Den Berg.

 

 

 

Wat gebeur......

Die volgende groot gebeurtenis is die ITEC - Jim Fouché Fietswedren en Myl wat plaasvind op 10 en 11 Februarie 2012.

Lees meer in die dokumente wat onderaan die bladsy verskyn!  Klik op die Ikoon.

Die groot Itec Primêre Skool  Jim Fouché Prestige Fietswedren en Myl is hier. Ons hou Vrydag en Saterdag onderskeidelik ons Myl en Fietswedrenne hier by die skool. Kom neem deel en kwalifiseer vir die opkomende Arguswedren.

 

Personalia.....

Ons het twee nuwe juffies bygekry. Baie welkom aan hulle tweetjies.

Juf. Thea de Necker skakel in by Graad 2 terwyl juf. Glauhandi Minnaar as assitent vir juf. Linda Badenhorst, ons nuwe Departementshoof in die Grondslagfase, gaan help.

Juf. Thea de Necker 
Juf. Glauhandie Minnaar

  

Ons Leerlingraad......

Ons leerlingraad gaan die naweek kamp. Geniet dit en sterkte vir julle harde werk gedurende 2012.

Skakel Photowizz 082 5555 476 vir jou unieke collage

 

Hierdie is 'n splinternuwe webblad. En hy groei en verbeter en verander en ...... ja dit is 'n groot taak. Ons vra dat u ons sal e-pos met vrae en wenke. Dit is 'n lopende projek en ons is nog ver van klaar. Wees geduldig en maak dit u eie.

 

Visie

Ons visie is om die toonaangewende Christelike Afrikaanse Primêre Skool te wees deur:

  • in ‘n vennootskap met ons ouers te tree
  • die personeel te bemagtig
  • om elke kind geestelik, liggaamlik en emosioneel te ontwikkel
  • sodat die kind sy plek as volwasse lid van die gemeenskap met waardigheid en sukses kan uitleef.

Missie

Ons missie is om deur deur middel van ‘n professionele onderwysdiens die volgende te bied:

  • Kwaliteit Akademie, Kultuur en sport
  • Hoë vlak van dissipline te handhaaf
  • Beste beskikbare tegnologie in te span
  • Hoë waardes en normes uit te bou
  • Daarstel en ontwikkeling van infrastruktuur
  • Hoë vlak van ouer betrokkenheid
  • Eerlike en opregte verhouding
  • Gesonde finansiële bestuur
  • Bevordering van entrepeneurskap

Belangrike Datums en Gebeurtenisse

  • Reünie 1962

 16 - 18 Maart 2012

Klik vir inskrywings vorm     pdf

  • ITEC - JF Prestige Fietswedren

10 en 11 Februarie 2012

Klik vir inskrywings vorm 

en meer inligting:

Myl -  Inskrywing   pdf      Inligting   pdf 

 

Fiets - Inskrywing pdf      Inligting    pdf

                                                                                        

 Roete kaart                 pdf 

Roeteverduideliking    pdf                    pdf pdfpdf

  • David Fourie Sing by PSJF

 

 

9 Maart 2012  -  R80.00 p\p1000 sitplek Markies Tent. Voorprogram deur Monica Maree ( Dogter van Lucas Maree)
   

 

mailme

eksamens

Program

Nuusbrief

Inskrywing

Menings Opnames
Rekenaar Sentrum is puik!
 
Wie is Aanlyn
We have 2 guests online
Besoekers telling
5337
TodayToday39
YesterdayYesterday44
This WeekThis Week127
This MonthThis Month985
All DaysAll Days5337
Banner